
24 -25 FEBRUARIE 2012 - DO NOT MISS IT!

| Forever Resorts Gariep / Klipdrift Quenna fees is begin om die area van Gariepdam en die Suid Vrystaat bekend te stel aan die publiek. Meeste mense ry op die N1 hier verby en wonder oor die OORD / RESORT wat 5km van die snelweg in wit teen die kop geskryf staan. Min wetend dat daar ‘n dorpie, Gariepdam, geleë is met talle gastehuise, ‘n hotel, inligtingsentrum en een van die netjieste selfsorg vakansieoorde in ons land. Ook is min bewus dat Gariepdam in 2010 verkies is as Volksblad se Toerisme Dorp van die jaar. Dit is ‘n kompetisie onder alle dorpe in die Vrystaat en Noord Kaap. Hierdie vakansie mekka in die Karoo omgewing herrinner sterk aan ‘n oase. Lieflike lowerryke gras en bome begroet jou met aankoms en die vriendelike, profesionele personeel van Forever Resorts Gariep laat jou wens om vir altyd hier te bly. Die oord was tradisioneel ‘n oorslaapplek vir Kapenaars en Gautengers oppad bosveld en/of see toe. Die afgelope drie jaar is die vakansiegangers bederf met ‘n heerlike vakansieprogram wat tot gevolg het dat meer en meer gaste hierdie oord kies as ‘n eindbestemming om hulle vakansie deur te bring. Veral vir die boere in die omgewing werk dit ideaal om vir ma en die kinders op die oord te los elke tweede of derde dag en dan gou terug te ry plaas toe om seker te maak dat alles goed gaan daar en almal weet wat om te doen. Ander nuwe inisiatiewe om die area bekend te stel sluit ook die Familie naweek wat jaarliks gedurende die laaste naweek van Augustus gehou word. Hierdie naweek vind plaas vanaf 24-26 Augustus 2012. Die Vrydagaand word gaste en vriende toegelaat om saam te kuier en te ontspan want op Saterdag bied die oord speletjies en vermaak aan sodat die hele gesin kan deelneem en tyd saam spandeer. Saterdag aand het ons dan ‘n Kunstenaar wat na die bring en braai vir ons gratis optree in die hoofsaal. Net soos die Quenna fees is alles gratis en geen addisionele kostes word gehef vir vermaak nie, optredes ingesluit. Die Quenna fees is ook een van die mees bekostigbare feeste in die kontrei. Dagbesoek / Toegang, indien jy nie op die oord bly nie, is slegs R50-00 per persoon en sluit ALLE optredes gratis in. Dus kan jy by die biertent ingaan, gratis. Al die kunstenaars wat daardie betrokke dag optree, gratis sien. Die ATKV Phantomieme (Sneeuwitjie en die 4 dwergies) gratis bywoon. Die enigste inskrywingsgelde betrokke is by die 4x4, waar die roete eienaars R120-00 per voertuig betaal moet word. |
|||
| Die program vir die Quenna fees lyk as volg: |
|||
| 13h30 | Cobus Marais | Stalletjies, biertent en kostent open | Feesterrein |
| 14h00 | Karin K | Optrede | Feesverhoog |
| 16h00 | Karen Ferreira | Optrede | Feesverhoog |
| 18h00 | Pieter West | Optrede | Feesverhoog |
| 19h00 | Rugby | Deurlopend op groot skerm | Biertent |
| 19h30 | Jennifer Zamudio | Optrede | Feesverhoog |
| 21h00 | Fredi Nest | Optrede | Feesverhoog |
| 22h30 | Dixie Hillbillies | Optrede | Feesverhoog |
| SATERDAG 25 FEBRUARIE 2012 | |||
| 07H00 | Fun Run | Spring weg agter Biertent in straat. | Biertent |
| 08h00 | Bergfiets ren | Wegspring in straat agter Biertent | Biertent |
| 08h30 | 4x4 Uitdaging | Vertrek vanaf Paint Ball Arena | Paint Ball Arena |
| 11h30 | Phantomieme | Toneelstuk deur ATKV toneelgeselskap | Hoofsaal |
| Sneeuwitjie & die 4 dwergies | |||
| 12h30 | Carla | Optrede | Feesverhoog |
| 13h30 | Mej. Quenna | Kies jou gunsteling | Feesverhoog |
| 14h00 | Karin K | Optrede | Feesverhoog |
| 15h00 | Prysuitdeling | Fun Run; Bergfietse; Mej Quenna | Feesverhoog |
| 16h00 | Pieter West | Optrede | Feesverhoog |
| 17h00 | Prysuitdeling | 4x4 Uitdaging; Rugby op groot skerm | Feesverhoog |
| 18h00 | Teelepeltjies | Optrede (Boere Orkes) | Feesverhoog |
| 19h30 | Karen Ferreira | Optrede | Feesverhoog |
| 21h00 | Nic Stevens | Optrede | Fesverhoog |
| 22h30 | Saarkie | Optrede (Rock Band) | Feesverhoog |
Al die kompetisies is baie informeel en die klem word geplaas op die samehorigheid en raak die fees ‘n ware kuierfees. Onbetaamlike gedrag en dronkenskap word nie hier toegelaat nie en kan die hele gesin hier kom uitspan en die top kunstenaars soos Freddie Nest, Nic Stevens, Jennifer Zamudio, Karin Ferreira, Pieter West en Karin K kom sien en hoor. Orkeste soos die Teelepeltjies, wat bekende musiek en boere musiek maak, Dixie Hillbillies, wie hulle toespits op die Hillbilly genre en Saarkie, die “all girls rock band”, bied iets vir elke smaak. Met die Quenna Fees naweek vanaf 24-26 Februarie 2012 het Forever Resorts Gariep besluit om ‘n spesiale aanbod op die kampering aan te bied nl. R300-00 vir ‘n kampstaanplek vir tot 6 persone. Met ander woorde, jy betaal eintlik net vir die feestoegang vir 6 persone en die staanpplek is “verniet”. Die woonwapark is alreeds amper vol maar daar is darem nog ‘n klompie selfsorg chalets beskikbaar vir die naweek. Die per nag tariewe wissel vanaf R145-72 per persoon wat deel (7-slaper chalet) tot R174-00 per persoon wat deel (5-slaper chalet) en dan die meer luukse chalets wat wissel tussen R265-00 per persoon wat deel (4-slaper luukse chalet) en R435-00 per persoon wat deel (2-slaper chalet). Kontak gerus Forever Resorts Gariep se besprekingspersoneel om jou plek te verseker vir die Quenna Fees oor die naweek van 24-26 Februarie 2012 by 051 754 0045 gedurende kantoor ure, Maandag tot Sondag. Besoek ook gerus ons webwerf vir meer inligting by www.quenna.co.za of www.forevergariep.co.za |
|||
GOOD NEWS
Gariep Dam won the town of the year award!

Rubber duck Nationals at Gariep Dam

Jets - R - Us
Remote control Jets and planes up to 3m wingspan
at Gariep Dam

New SA Gyrocopter record at Gariep Gliding Center
Gariep Dam

Welcome to the official non-profit website of Gariep Dam and its surroundings that brings it all together for you.
Here you can
see exactly what there is to offer over the entire Gariep Dam region -
all within an hour's drive from one another.
Here is a look at our new brochure



As well as accommodation spots to suit your budget and your needs, we have included some great places to wine and dine. Pet friendly accommodation can also be found here, so no need to leave Fido behind. He can come on holidays too!
Gariep Dam Kaskar Rally photo gallery
With over 365 sq. km. (bigger than the Dead Sea) of the Gariep Lake,
plus the surrounding beautiful Bo Karoo koppie countryside, there's always
lots to do and see. This site will help you plan and book activities
for all ages.
Now everyone can be entertained and your holiday can be
truly unforgettable.
Also listed, for your convenience, are the services available and those emergency places you may need to get to in a hurry.
Our site is constantly expanding; don't miss out, come back soon.